Devon Hofmeyr, jeugleier van die United Independent Movement, is gister voorlopig deur die party geskors, aangesien hy ‘n glansgeleentheid van die uMkhonto weSizwe/MK-party bygewoon het. Gedurende sy skorsingstydperk, mag Hofmeyr nie deelneem aan enige party-verwante verrigtinge nie, en mag hy ook nie die party verteenwoordig nie.
Die UIM sê ook in sy verklaring dat die party geensins met die ANC, EFF of MK sal saamwerk nie. Netwerk24 berig Hofmeyr en sy vriendin het Vrydagaand se gala-aand skynbaar as gaste van die diamanthandelaar, Louis Liebenberg bygewoon.