Die vakansie is weer op hand en ons kinders kry weer ure met tegnologie te doen.
Die internet en sosiale webwerwe is deel van die alledaagse lewe, maar dit kan gevaarlik wees en jy moet jou veiligheid aanlyn verseker.
LEES MEER: Wenke om afpersing te voorkom
Kinders is veral vatbaar vir die bedreigings wat die internet en sosiale netwerk-webwerwe bied. Deur kinders van internetveiligheid te leer, bewus te wees van hul aanlyngewoontes en hulle na gepaste webwerwe te lei, kan ouers seker maak dat hul kinders veilige en verantwoordelike gebruikers op sosiale netwerkwebwerwe word.
Wat is die gevare wanneer die internet en sosiale media-webwerwe gebruik word?
Vals identiteite is maklik om te skep. Om nuwe vriende aanlyn te maak is maklik en gerieflik, maar dit is anders as om dit persoonlik te doen. Jy kan nie sien wie aan die ander kant van die rekenaar is nie. Die internet maak dit maklik vir iemand om enigiemand anders in die
wêreld te wees.
Nie alle inligting is privaat nie. Ongelukkig is die inligting wat aanlyn geplaas word nie altyd privaat nie. Dit beteken dat enigiemand dit kan sien. Daar is ook aanlyn boodskappe gestoor word. Dit beteken dat ander die gesprekke wat bespreek is, selfs jare later kan sien.
Internet roofdiere. Dikwels is individue wat oor hul ouderdom lieg, internet roofdiere. Dit is hulle wat kinders teiken. Ongelukkig kan baie kinders, tieners en hul ouers nie sê wie so ‘n persoon is voor dit te laat is nie, soos wanneer die persoon jou kind probeer nader of hulle
persoonlik probeer kontak.
Mense moet nooit die volgende gevaartekens ignoreer nie:
− As die persoon probeer aandring om jou adres of telefoonnommer te hê
− As die persoon vir jou foto’s stuur wat jou ongemaklik laat voel en wat jy aan niemand
anders wil wys nie
− As die persoon hul geselsies met jou geheim wil hou
− As die persoon vir jou sê dat jy in die moeilikheid sal beland as jy vir ‘n volwassene
vertel wat aangaan
− As die persoon wil hê jy moet vir hom foto’s van jouself e-pos of ‘n webkamera gebruik
op ‘n manier wat jou ongemaklik laat voel
− As die persoon inligting met jou deel en vir jou sê om vir niemand anders daarvan te
vertel nie
− As die persoon jou persoonlik wil ontmoet en vir jou sê om niemand te laat weet nie.
− Kaptein Loraine Earle