Met die toedrag van sake dat geen gelde van SASSA meer by poskantore uitbetaal word nie, word mense gedwing om van OTMs gebruik te maak. Dit het nou ook daartoe bygedra dat die skelms die gaping gesien het en weerlose mense teiken. Veral bejaardes hou daarvan om die kontant elke maand te trek en maak dit van hulle ‘n sagte teiken vir hierdie booswigte.
Ons wil die volgende wenke deurgee:
– Bejaardes moet eerder iemand wat hulle vertrou saam met hulle neem om hulle te help.
– Hulle moet onder geen omstandighede hulp van enigiemand aanvaar nie.
– Geen persoon mag vra vir hul pin kode nie.
– Vra eerder ‘n werknemer van ‘n bank om te help as hulle nie regkom nie.
– Die swendelaars is glad met die mond en vining met die hande. Selfs mense wat baie versigting ook is was al slagoffers.
– Moenie ‘n tap fasiliteit op jou kaart aktiveer nie. Swendelaars kom staan naby jou en kry dan so toegang met toestelle tot jou bankrekening.
– Dit is beter om van tellers wat nie in afgelee plekke is nie gebruik te maak.
– Kaptein Loraine Earle