Uit 2023 se matrieks in die Vrystaat en Noord-Kaap, het Lara Potgieter van Bloemfontein, die meeste onderskeidings in verlede jaar se eindeksamen ingepalm.

Lara, wie ook die afgelope drie skooljare die Hoër Meisieskool Oranje se dux-leerling was, spog met ‘n onderskeiding vir elk van haar nege vakke.

Sy is vanoggend een van die gaste by ‘n geleentheid vir top-marieks van die Vrystaat.

Die geleentheid word by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein gehou, en die naam van die provinsie se top-presteerder vir 2023 sal hier aangekondig word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×