Alhoewel werkloosheid in Suid-Afrika neig om binnekort die 40% syfer te bereik, het internasionale studies gewys dat veral werkende ouers oorwerk is en soms selfs belangstelling en geesdrif vir die werk verloor. By vroulike werknemers wat uitbranding aangemeld het, het 90% geglo dat hulle bestuurders produktiwiteit meer belangrik is as geestesgesondheid. Volgens navorsing deur Kerry Rudman van Brain Harmonics, ‘n neuro-terugvoerorganisasie wat spesialiseer in die heropleiding van die brein, kom uitbranding voor wanneer mense nie genoeg tyd tussen stresfaktore kry nie. Maroela Media berig Rudman het gesê dat daar wêreldwyd sowat 42% vroue is wat aan uitbranding ly omdat hulle meer geneig is om hulself in die werksplek te moet bewys en na werk gesinsversorging moet doen wat gelykstaande is aan nog ‘n halfdag se werk. Stres en uitbranding is een van die hoofredes waarom mense oorweeg om hul werk te los, het Rudman gesê.
