Die Vrystaat provinsie het erge droogte, veldbrande en uitbreking van siektes beleef wat ‘n negatiewe impak op die landbou sektor gehad het. Dit volgens Elsabé Rockman, die Vrystaatse LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, tydens die opening van die 57ste jaarlikse landbou uitbreiding konferensie in Bloemfontein.

Die konferensie, wat deur die Vrystaatse Central University of Technology (CUT) en South African Society for Agricultural Extension aangebied is, is deur talle boere, akademici en bedryfskenners van al nege provinsies bygewoon. Praktiese kennis en navorsingsartikels is gedeel, om oplossings vir die uitdagings wat boere in die gesig staar te vind.

error: Inhoud is beskerm !!