Dis 'n kwessie van lewe of dood . . . ‘n UITERS KRITIEKE tekort aan skenkerbloed staar die hele Suid-Afrika in die gesig – Die Nasionale Bloeddiens se voorraad kan
binne twee dae heeltemal uitgeput wees, indien skenkers nie onmiddellik op sy hulpkreet reageer nie.

Hendrieka Beukes van die Bloeddiens op Upington het aan Rosestad-nuus gesê om in die huidige vraag na skenkerbloed te voorsien, is ‘n reuse uitdaging.

Volgens haar moet daar minstens vier tot vyf dae se bloedvoorraad in sy store wees voor die Kersnaweek, aangesien skenkerpunte nie dan oop sal wees nie.

Bloemfontein se skenkerpunte is by Victorian Square in Westdene, Bloemplaza in die middestad, en in die Southern Centre in Fichardtpark. Indien jy elders met vakansie is
en via die Rosestad-toep ingeskakel is, kan jy die SANBS se webtuiste besoek om uit te vind waar jou naaste skenkerpunt is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×