Die Suid-Afrikaanse Weerdienste voorspel uiters warm weerstoestande vir die land  hierdie somer. Die weerdiens verwag ook ‘n laer as normale reënval in die sentrale dele van die land. Die landbou-ekonoom, Wandile Sihlobo, het gesê as dit erg raak, kan dit lyk soos die somber landboutoestande wat tydens die vorige El Niño-droogte in die 2015/16-seisoen gesien is. Sihlobo het gesê gedurende die 2015/16-seisoen het stapelgewasse soos mielies tot agt-komma-twee miljoen ton gedaal. Dit was vêr onder Suid-Afrika se verbruiksvlakke van 11-komma-agt miljoen ton.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×