Uitgewers staan glo tou om boekregte te bekom vir die veroordeelde moordenaar en voormalige Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, se tronkverhaal.

SABC News berig by monde van advokaat Brenda Madumise, aktivis teen geslagsgebaseerde geweld, en Wise4Afrika-direkteur, dat gerugte oor boekaanbiedinge vir Oscar se verhaal geen verrassing is nie, aangesien boeke oor misdaad-tragedies dikwels top-verkopers is.

Dit sal môre presies ‘n week wees, sedert Pistorius op parool by die tronk se hekke uitgestap het.

Dít nadat hy die helfte van sy vonnis, van meer as dertien jaar, agter tralies uitgedien het vir die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp in 2013.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×