Daar bestaan ‘n aansienlike risiko dat die uitslag van die komende verkiesing betwis kan word. Dít aldus Die Onafhanklike Verkiesingskommissie, indien oudpresident Jacob
Zuma toegelaat sou word om as kandidaat te staan. Die OVK het die Konstitusionele Hof versoek om dringend uitspraak te lewer oor die wettigheid van Zuma se verkiesbaarheid.
Die kommissie poog om te appelleer teen ‘n vroeëre uitspraak van die kieshof se bevinding dat Zuma wel kwalifiseer vir verkiesing tot die Nasionale Vergadering. Kragtens
die grondwet kwalifiseer iemand wat in aanloop tot die verkiesing gevonnis is tot tronkstraf van langer as twaalf maande, nie verkiesbaar staan nie.