Uitspraak in die Nandipha Magudumana-borgtogsaak word vandag in die Bloemfonteinse landdroshof verwag. Die verdediging in die Thabo Bester-ontsnappingsaak het probeer om die hof te oortuig dat Magudumana nie die verhoor sal probeer ontduik indien sy borgtog ontvang nie. Die staat hou egter vol dat sy ‘n vlugrisiko is. Die staatsaanklaer, Sello Matlhoko, het aangevoer dat sy volgens haar grondwetlike regte om borgtog aansoek kon gedoen het – onmiddellik nadat sy in hegtenis geneem is. SABC-nuus berig verder Matlhoko sê die staat kan nie verantwoordelik gehou word vir Magudumana se lang tyd in aanhouding nie, omdat sy self besluit het om nie haar regte uit te oefen nie.