Die rondgaande hof op Saldanha in die Wes-Kaap sal na verwagting Donderdag uitspraak lewer in die binneverhoor van die Joshlin Smith-verdwyningsaak.

Luidens SABC-nuus moet die hof ‘n beslissing maak oor die toelaatbaarheid van die verklarings van twee van die beskuldigdes — Jacquen Appollis en Steveno Van Rhyn.

Hulle beweer dat hulle onder dwang bekentenisse gemaak het nadat die polisie hulle gemartel het.

Van Rhyn het Woensdag gedurende kruisondervraging getuig dat polisiebeamptes ‘n plastieksak oor sy kop getrek het.

Joshlin het in Februarie verlede jaar by die Middelpos-informele nedersetting vermis geraak. Appollis, Van Rhyn en Joshlin se ma, Kelly Smith, staan tereg op aanklagte van ontvoering en mensehandel.

error: Inhoud is beskerm !!