Die voormalige Gautengse LUR vir Gesondheid, Qedani Mahlangu, en die hoof van die direktoraat geestesgesondheid, Makgabo Manamela, is vir die dood van nege Life Esidimeni-pasiënte verantwoordelik. Uitspraak is Woensdag in die Pretoria-hooggeregshof oor die aangeleentheid gelewer.
Meer as 140 geestesgesondheidspasiënte is in 2016 dood nadat hulle na swak toegeruste en ongelisensieerde nie-regeringsorganisasies en gemeenskapsorgfasiliteite verskuif is. Die hof het bevind die sterftes deur die nalatige optrede van beide Mahlangu en Manamela veroorsaak is.