Die voorsitter van die Onafhanklike Internasionale Kommissie van Ondersoek na die Besette Palestynse Gebied, insluitend Jerusalem en Israel, Navi Pillay, sê aan die SAUK sy glo die regters van die Internasionale Geregshof sal nie deur hul lande van herkoms se standpunt beïnvloed word wanneer hulle oor Suid-Afrika se saak moet besluit nie.

Pillay sê alle lande respekteer die beslissing van die Wêreldhof en dit word gewoonlik nagekom. Dit kom na berigte dat die uitspraak oor die saak tussen Suid-Afrika en Israel, vroeg aanstaande maand verwag word.

Dit is luidens die minister van justisie, Ronald Lamola. Suid-Afrika het op 29 Desember verlede jaar ‘n aansoek in die Internasionale Geregshof in Den Haag gebring oor bewerings dat Israel die Konvensie oor Volksmoord in Gaza skend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×