Die asbesdakverwyderingsaak wat tans in die hooggeregshof in Bloemfontein plaasvind is tot Vrydag uitgestel, wanneer regter Phillip Louser uitspraak sal lewer of hy ‘n binneverhoor in die verhoor sal toelaat.
SABC-nuus berig dit kom nadat beskuldigde nommer 17, Moraoadi Cholota, die hof se jurisdiksie – om haar te verhoor – betwis.
Cholota, die eertydse persoonlike assistent van die voormalige Vrystaatse premier, Ace Magashule, voer aan dat haar uitlewering uit die VSA onwettig was. Die staat staan haar aansoek teen en sê daar is in hierdie stadium geen grondslag vir ‘n binneverhoor nie.
Rosestad-nuus het vroeër berig die saak teen Magashule, Cholota en talle medebeskuldigdes handel oor ‘n tender van die Vrystaatse regering om die asbesdakke in die provinsie te tel en die dakke te vervang.
Die staat beweer miljoene rande is betaal, maar geen werk is gedoen nie.