Die verkiesingshof het uitspraak voorbehou in die ANC se aansoek teen die Onafhanklike Verkiesingskommissie, of OVK, om die MK-party te deregistreer. Die saak wat in appélhof in Bloemfontein aangehoor is, het gewemel van politici van beide partye soos die ANC sekretaris-generaal Fikile Mbalula, oudpres Jacob Zuma asook Ace Magashule wat by die MK-partylede gaan sit het.
Mbalula het tydens middagete ANC ondersteuners buite die hof toegespreek en gesê die party sal nie toelaat dat die MK-party ‘n naam oorneem wat histories aan die ANC behoort nie. Adv Tshidiso Ramogale het vanoggend vir die ANC betoog dat die party so gou moontlik ‘n appél by die OVK aangeteken nadat die MK-party se registrasie proses begin het. Die ANC het ook betoog die OVK moes die MK-party se aansoek om registrasie vir die verkiesing afgekeur het.
Adv Dali Mpofu vir die MK-party, het betoog dat die ANC die besluit van die OVK aanvaar het om die MK-party te registreer. Die ANC het later uit sy slaap ontwaak toe oudpres Zuma sy steun op 16 Desember aan dié nuwe party toegesê het.