*** Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging sê die Europese Unie se nuwe invoertarief wat op koolstofvrystellings gegrond is, sal ’n aantal nywerhede in Suid-Afrika knou. Dit is aangesien dit die las van klimaatsaksie op ontwikkelende lande plaas. Alhoewel Suid-Afrikaanse uitvoere reeds ‘n direkte emissiebelasting in die gesig staar, kan die besluit om indirekte emissies by die nuwe tarief in te sluit, Suid-Afrika 27 miljard rand se uitvoer kos. Dit is veral die Yster en staal uitvoere na die Europese Unie-lande, wat 26% in waarde verteenwoordig, wat geraak gaan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×