Suid-Afrika loop die risiko om meer as ses-miljard-rand se uitvoer-inkomste te verloor indien groot handelsvennote die land verkwalik oor sy weiering om standpunt in te neem teen Rusland se oorlog teen die Oekraine. ‘n Ekonoom van die batebestuursfirma, Stanlib, Ndivhulo Netshitenzhe, het gesê die Europese Unie en die VSA verteenwoordig saam sowat 30,4% van Suid-Afrika se totale uitvoer. Daarenteen verteenwoordig Rusland slegs 0,23%. Bloomberg.com berig indien sanksies as gevolg hiervan teen Suid-Afrika ingestel word, kan tot R612,7 miljard se uitvoer-inkomste verlore gaan. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×