ULTRA MARATHON – Die Comrades Vereniging gaan ondersoek instel oor die moontlikheid dat 18 000 deelnemers kortpad in vanjaar se wedloop na Pietermaritzburg geneem het.
Diè Vereniging wat ook 21 atlete vroeër uitgevang het oor kullery met hul inskrywings het inligting van deelnemers en toeskouers ontvang oor verskeie langasems wat na bewering oneerlik was oor die afstand wat hulle afgelê het.
Ann Ashworth – die wedloopdirekteur en bedryfshoof van die Comrades – sê is hul tans besig met die bestudering van die elektroniese uitslae om enige teenstrydighede of onreëlmatighede te identifiseer. Sy het genoem dat hulle bewus was van die probleem by die 1ste tydpunt en dat dit in ag geneem sal word.
*In 1993 tydens die “af-wedloop” het ’n minibus-taxibestuurder die organiseerders ingelig dat hy die Kaapse atleet en goue medaljewenner Herman Matthee diè oggend by Pinetown sowat 21km voor die eindpunt afgelaai het. In 1999 is die 2 broers van die Vrystaat Sergio en Fika Motsoeneng ook uitgevang dat hulle ‘n “aflos” gehardloop het. Hul hardloopdrag en wedloopnommers was dieselfde maar op die foto’s wat op die roetes geneem is was hulle horlosies se kleur verskillend en ook aan verskillende arms gewees.