Die Suid-Afrikaner Ryan Sandes het ’n puik wedloop in die uitmergelende Cocodona-wedloop oor 250 myl in Arizona gehad en in die tweede algehele plek geëindig.
Die 43-jarige Sandes het die ultramarathon oor 402.3 km in 61:21:04 sekondes voltooi wat deur die Amerikander Dan Green gewen is in ’n tyd van 58:47:18 – meer as ’n uur vinniger as die vorige roeterekord.
Die vroue wedloop is deur die verdedigende kampioen Rachel Entrekin oorheers nadat die groot gunsteling Courtney Dauwalter na 108 myl halt geroep het en in die vierde plek kon klaarmaak.
Altesaam 307 moes die triestige weerstoestande soos onder mmer reën, hael en sneeu trotseer en het tot Saterdagmiddag om die afsnytyd van 125 uur te breek.