ULTRA-MARATHON: Dit is weer Comrades tyd wanneer die wêreld se beste marathon atlete eerskomende Sondag in die “Down” Run van Pietermaritzburg na Durban die tekkies gaan vasryg.
Dis ook die oudste ultra-marathon wedloop in die wêreld en strek oor 89km met bekende bakens soos Polly Shortts, Drummond en Cowie’s Hill wat op die langasems wag.
Die verdigende kampioene Edward Mothibi en Gerda Steyn sal ook saam met die ander nagenoeg 16 000 atlete by die beginpunt aanmeld wanneer die afsetter se skoot om 05:30 gaan klap.