ULTRAMARATHON – Comrades atlete gaan by vanjaar se 97ste ultra-marathon 5 minute langer tyd kry om die eindstreep in Pinetown te haal.

Ann Ashworth – nuwe wedloopdirekteur en voormalige vroue-wenner het diè toegewing gemaak weens padwerke aan die buitewyke van Durban by Sherwood. Die Comrades Vereniging voorsien dat dit opeenhoping van atlete  vir die 1ste 8km uit Westville kan veroorsaak en het tot diè reëling ineengestem.

Die 2023-wedloop het vir groot ongelukkigheid gesorg weens die feit dat langasems in die af-wedloop na Durvan te vroeg afgesny is.

*Vanjaar se op-wedloop wat 9 Junie wegspring is die 1ste een weer in 5 jaar wat weens die Covid-pandemie nie kon plaasvind nie en waar atlete nou 12 uur tyd het om die kortste afstand van 85.91km te voltooi sedert diè legendariese marathon vir die 1ste keer tussen Pietermaritzburg en Durban in 1921 gehardloop is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×