Elf verdagtes is deur die Valke in hegtenis geneem vir die verkoop van vervalsde matrieksertifikate. Dit is luidens die Raad vir Gehalteversekering in Onderwys, Umalusi, wat dit bevestig het tydens ‘n media-inligtingsessie voor die vrystelling van die finale matriekuitslae hierdie Vrydag. Volgens EWN is een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is ‘n werknemer van die Departement van Hoër Onderwys, wat vasgetrek is vir die uitreiking van ‘n diploma in ruil vir kontant.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×