Bewerings van “wangedrag en oneerlikheid” tel onder die redes waarom Unisa se registrateur sy werkskontrak kwyt is.
Professor Steward Mothata, is nou summier deur die Universiteit van Suid-Afrika uit sy pos verwyder.
Hy is onlangs voorwaardelik geskors. Mothata het skynbaar reeds ʼn aansoek by die arbeidshof ingedien.
Hy voer aan sy kontrak is onregmatig beëindig.
Die DA eis dat Unisa onder administrasie geplaas word.