Universiteite het die afgelope boekjaar sowat vyfduisend minder ingenieurs- en wetenskapgegradueerdes opgelewer.

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding blameer dié afname op die gehalte van wiskunde- en wetenskaponderrig deur die Departement van Basiese Onderwys.

Volgens die Departement van Hoër Onderwys se 2023/24-jaarverslag het universiteite gesukkel om die ooreengekome teiken studente in die rigtings in te skryf.

Daar was ook ʼn hoë uitvalsyfer en diegene wat wel hul studies voltooi het, het langer geneem om te gradueer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×