Universiteit van die Vrystaat stuur ‘n wol-waardekettingprojek van stapel

 Universiteit van die Vrystaat stuur ‘n wol-waardekettingprojek van stapel

Dit is vandag die Verenigde Nasies se Internasionale Dag vir die Uitwissing van Armoede. Met dit in gedagte het die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein ‘n wol-waardekettingprojek in die provinsie van stapel gestuur. Die doel van die veldtog is om mededingendheid vir kommunale wolboere te verseker. Die universiteit het beklemtoon dat boere hulle bedrywighede moet kommersialiseer. ‘n Senior lektor en navorser, doktor Jan Swanepoel, sê die projek sal op die lang duur ook gemeenskappe in staat stel om ‘n volhoubare lewensbestaan vir hulleself te skep.

Gerdie Karstens