Universiteite sal die 2024-matriekuitslae vir tekens van verbetering in wiskunde- en fisiese wetenskap prestasies dophou.
Die twee vakke is volgens BusinessLIVE kritiek vir universiteitstoelating. Wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde (STEM) gegradueerdes is geneig om makliker werk te kry as diegene met geesteswetenskappe grade. Die nywerhede waarin hulle werk kry is ook belangrike dryfvere van die ekonomie.
Onderwyskenners meen dat die matriekklas van 2024 beter as die klas van 2023 sal vaar. Verlede jaar se slaagsyfer was 82,9% Die Vrystaat het met 89% die hoogste slaagsyfer behaal.