Universiteite Suid-Afrika sê studente skuld het tot R14 miljard toegeneem

Universiteite Suid-Afrika sê studente skuld het tot R14 miljard toegeneem.

Volgens prof. Ahmed Bawa, die bestuurshoof, beteken dit dat geld vir die funksionering van universiteite nie meer beskikbaar is nie.

Hy sê indien tersiêre instellings aanspreeklik is om die koste te dra waar die studente finansieringshulpskema, NSFAS, te kort skiet sal dit nog groter finansiële druk op universiteite plaas.

Intussen eis die studentevakbond, SA Union of Students, dat al 26 hoër onderwysinstellings in die land sluit totdat die kwessie oor historiese skuld uitgeklaar is.

Luister na potgooie hieronder