By die Universiteit van die Vrystaat (UV) is 16 mense in hegtenis geneem en word by die Botshabelo polisiestasie aangehou.

Die UV verduidelik in ’n  mediaverklaring dat 15 van hulle studente is.

Polisiewoordvoerder, kapt. Lorraine Earle het aan Rosestad-nuus bevestig dat die 16 beweerde betogers glo in hegtenis geneem is nadat hulle klasse ontwrig het.

Volgens The Citizen sê die UV se woordvoerder, Lacea Loader, akademiese aktiwiteite is vroeër onderbreek weens bekommernis oor registrasie en befondsing.

Die UV is na bewering steeds in gesprek met die Nasionale Finansiële Hulpskema (NSFAS) om uitstaande kwessies op te los.

The Citizen berig verder NSFAS-befondsing is glo aan meer as 25 000 studente toegewys, waarvan meer as 22 000 reeds geregistreer is.

Die universiteit verseker hulle het veiligheidsmaatreëls ingestel om die situasie op die kampus te monitor.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×