Die dosent aan die Universiteit van die Vrystaat, of UV, het op 25 Julie volgens ‘n klankopname van Afriforum Jeug gesê: Vandag gee witmense se kinders vir julle kinders werk en behandel hulle soos diere. Afriforum Jeug het intussen ‘n klag van rassisme by die UV en die Menseregtekommissie, of MRK, ingedien na die uitlatings van dr Pedro Mzileni, ‘n dosent aan die UV. Die UV en die MRK het aan Maroela Media gesê die ondersoeke gaan nog voort. Rene van der Vyver, woordvoerder van Afriforum Jeug, het gesê hulle het dadelik stappe gedoen omdat ideologies-verwronge en rassistiese inhoud nooit op kampusse toegelaat moet word nie. Van der Vyver het gesê die uitlatings in die video is skokkend. Mzileni het tweedejaar-LLB-studente oor inheemse reg toegespreek en gesê die bewerings teen hom is onwaar en dat hy net sy pligte nagekom het. Mzileni het ook volgens die video-opname gesê geen ander mense word so aan wreedheid blootgestel as swart Suid-Afrikaners nie.