‘n Dosent en navorser van die Universiteit van die Vrystaat (UV) doen navorsing oor die gebruik van dagga, of beter bekend in mediese gesprekke as kannabis, om weerstand teen kankerbehandelings te oorkom.

Die UV berig dat Dr Innocensia Mangoato Dinsdag op 10 Desember haar graad by die Fakulteit Gesondheidswetenskappe verwerf het. Sy het in 2018 haar loopbaan as navorser in tradisionele Afrika-medisyne begin, en haar werk geniet nasionale én internasionale erkenning.

Haar tesis fokus op die bekamping van geneesmiddelweerstand by servikale kanker. Sy hoop haar navorsing lei tot nuwe behandelingsopsies, kliniese proewe en beleidsbeïnvloeding.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×