‘n Navorsingsprofessor aan die Bloemfonteinse Universiteit van die Vrystaat (UV), Saleem Badat, is met vanjaar se gesogte Akademie vir Wetenskap van Suid-Afrika (ASSAf) se Wetenskap-vir-Gemeenskap Goue Medalje bekroon.
Luidens die UV het Badat tydens die ASSAf-galageleentheid in Pretoria vroeër die week aangedui dat hy sy R20 000 prysgeld aan die Suid-Afrikaanse BDS-koalisie vir solidariteitswerk met Palestynse universiteite sal skenk.
Nog twee vooraanstaande UV-akademici, Pieter Meintjes en John Carranza, is ook as nuutverkose ASSAf-lede by die geleentheid ingehuldig.
Volgens die ASSAf-webwerf is die Wetenskap-vir-Gemeenskap Goue Medaljes die toptoekennings van die akademie en die Suid-Afrikaanse wetenskapstelsel, en word as erkenning vir individue se uitstaande prestasies toegeken .