Mevrou Heelal Suid-Afrika, Uyleta Nel-Marais van Bloemfontein, het nie net die top-25 gehaal nie, maar het ook ‘n prys vir barmhartgheid by die Mevrou Heelal-kroningsgeleentheid wat in Sofia in Bulgarye gehou is, ontvang.
Nel-Marais, ‘n direkteur van Lovius Block in die stad het saam met 90 ander vroue van regoor die wêreld om dié gesogte kroon meegeding.
Die oud-Kovsie het aan Volksblad gesê dit was vir haar ‘n groot oomblik toe sy as een van die top-25 finaliste aangekondig is.
Wat die spesiale prys vir barmhartigheid betref is sy baie dankbaar.
Sy beywer haar onder meer vir slagoffers van gesinsgeweld en het die One Nation: Our Women and Children-stigting op die been gebring om steun aan slagoffers te
verleen.
Elena Maksimowa van die Russiese republiek, Oedermoerd, is as die nuwe Mevrou Heelal gekroon.