Om bewusmaking vir Watermaand te skep, het leerders van die Mamellang Thuto Sekondêre Skool in Bothaville, Vaal Sentraal Water se Balkfontein waterbehandelingsaanleg besoek.
Tydens hulle besoek is die leerders meer oor die watersiklus en-proses vanaf die natuur tot by huishoudings geleer.
Luidens ‘n plasing van Vaal Sentraal Water op sosiale media word Nasionale Watermaand jaarliks in Maart gevier en word gebruik om bewustmaking te skep oor die belangrikheid van vars water asook die volhoubare bestuur daarvan.
Suid-Afrikaner word Watermaand herinner dat almal water oordeelkundig moet gebruik, en vanjaar se tema, Gletserbewaring, is ook daarop gemik om bewustheid oor waterbesparing, wateraanvraagbestuur, waterbronbesoedeling asook die instandhouding van infrastruktuur te verhoog.