Vaaldam sluise word vandag oopgemaak

Die sluise van die Vaaldam word vanoggend oopgemaak nadat die watervlak tot meer as 100% gestyg het.

Volgens die departement van Water en Sanitasie is die dam 103% vol ná swaar reën die afgelope paar weke in die opvangsgebied.

Die departement sê drie sluise sal aanvanklik oopgemaak word, met die moontlikheid van ‘n vierde sluis later.

Dit is veral nodig omdat nog reën in die komende dae voorspel word weens ‘n ontwikkelende weerstelsel in die Mosambiekse kanaal.

Die departement sê hy monitor die situasie.

Luister na potgooie hieronder