Suid-Afrika kry dalk ‘n bykomende vakansiedag as die Springbokke die Wêreldbeker-toernooi oor twee weke in Frankryk wen. Dit was die versekering van president Cyril Ramaphosa tydens ‘n virtuele gesprek op die tweede Suid-Afrika Groenwaterstof-beraad, het Netwerk 24 berig. Ramaphosa het gesê hy sal ‘n vakansiedag oorweeg en het ook namens die regering en die ANC die span geluk gelukgewens met hul oorwinning Sondagaand teen Frankryk. Die hele Suid-Afrika vier fees oor die oorwinning, het ander ANC-lede gesê wat die ANC se nasionale uitvoerende komitee se beraad in Springbok-truie bygewoon het. Beauty Dlulane, voorsitter van die portefeuljekomitee oor sport, kuns en kultuur, het gesê die span se sukses inspireer alle Suid-Afrikaners en dat hulle die trots van die nasie is. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×