Vakansiegangers by Sun City in die Noordwes se vieringe is kortgeknip nadat hewige storms groot skade aan hul voertuie aangerig het.
Swaar en ontwrigtende reën het ‘n spoor van verwoesting gelaat toe bome op voertuie omgeval het.
SABC News berig hierdie stormskade kom te midde van die Suid-Afrikaanse Weerdiens se Geel vlak 4-waarskuwing van ontwrigtende reën.
Die reën kan tot oorstromings en skade aan eiendom en infrastruktuur lei, en sal na verwagting tot Woensdag oor provinsies insluitend Noordwes, Gauteng en KwaZulu-Natal voortduur.
Oordbestuur bevestig pogings word aangewend om die beskadigde gebiede skoon te maak en die volle omvang van die skade te bepaal.