“Dit sál nog ‘n Marikana wees, as hulle ons druk.” Dít was gister se boodskap van die die Association of Mineworkers and Construction Union, of Amcu, aan owerhede by die Gold One-myn in Springs.

Meer as 500 mynwerkers, wat skynbaar aan ‘n vrywillige staking deelneem, is reeds ongeveer 60 uur ondergronds.

News24 berig by monde van Amcu-verteenwoordiger, Christopher Khalipha, die vakbond sê hy sal nié gaan lê nie, en dat dinge “lelik” kan raak.

Mynbestuur het gister nog sekuriteitsbeamptes by die myn ontplooi, en het die ingang na die skag met lemmetjiesdraad afgesper.

Die protesaksie spruit glo daaruit dat Amcu as meerderheidsvakbond by die myn erken wil word.

Die National Union of Mineworkers, of Num – wat as sodanig deur die myn erken word – beweer egter die werkers word teen hul wil aangehou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×