Vakbonde in die sekuriteitsektor het ‘n beroep op die Valke gedoen om sekuriteitsmaatskappye te ondersoek wat fondse van hul werknemers aftrek vir mediese fondse.  Die vakbonde het gister ’n media-inligtingsessie gehou en beweer dat dié maatskappye nie die fondse aan diensverskaffers oorbetaal nie.  Die vakbonde sê daar is duisende werkers wat regoor die land hierdeur geraak word.  ‘n Woordvoerder van die metaalwerkersunie (NUMSA), Phakamile Hlubi Majola, sê werkers in die sekuriteitsektor staar ‘n aanslag van die werkgewers en die regering in die gesig.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×