Vakbonde kla dat Pravin die lugredery Mango met opset laat vou

Die departement van openbare ondernemings word daarvan beskuldig dat hy die lugredery Mango met opset toelaat om ten gronde te gaan, sodat die redery Lift kan floreer.

Volgens Netwerk 24 is dit één van die bewerings van die Mango-vlieëniersvereniging, oftewel MPA, die Suid-Afrikaanse
Kajuitpersoneelvereniging (Sacca), asook die metaalwerkersvakbond Numsa, wat onlangs ‘n brief aan president Cyril Ramaphosa geskryf het.

Mango se meer as 750 werknemers het in Junie geen salaris ontvang nie.

Die drie vakbonde vra in die brief dat Mango, soos sy moedermaatskappy, in sakeredding geplaas moet word.

Hulle beweer ook dat gespesialiseerde sakereddingspraktisyns van mening is dat Mango ‘n lugdiens is wat die moeite werd is om te red.

Luister na potgooie hieronder