Die Noordwes polisie neem nog onwettige mynwerkers in hegtenis wat na die oppervlak kom.

Elf onwettige myners het op Saterdag, 28 Desember 2024 by die Buffelsfontein-skag 10 na die oppervlak gekom terwyl nog 10 op Vrydag by die Margert-skag in Stilfontein, Noordwes, verskyn het.

Eyewitness News berig dit tel op na ’n totaal van byna 50 onwettige mynwerker in een week alleen wat in hegtenis geneem is.

Dit is deel van die polisie se Vala Umgodi-operasie wat daarop gemik is om onwettige myners se toevoer van kos, water en gesondheidsdienste af te sny in die stryd teen onwettige mynbou in die land.

Noordwes-polisiewoordvoerder Adele Myburgh sê dat almal word steeds verwerk en sal na verwagting op Maandag 30 Desember 2024 in die Stilfontein-landdroshof verskyn.

Myburg voeg by die Vala Umgodi-operasies sal gedurende die feesseisoen voortgaan.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×