Valentynsdag bring na tien jaar stééds rose van rou vir wyle Reeva Steenkamp se ouers.

Reeva is op 14 Februarie 2013 deur haar kêrel, die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius, in sy huis in Pretoria doodgeskiet.

Pistorius hou vol hy het gedink Reeva was ‘n inbreker, toe hy op ‘n toe badkamerdeur losgebrand het.

Volgens Reeva se ouers, Barry en June, raak die hartseer en gemis nie minder soos die jare aanstap nie.

Die 36-jarige Pistorius is nog agter tralies vir die moord en kan moontlik volgende maand vir parool in aanmerking kom.

Die paroolraad moet vooraf minstens 30 dae kennis aan die Steenkamps gee.

Reeva se ouers kan dan, as hulle wil, vertoë teen sy vrylating indien.

Haar ouers sal vandag weer Somerstrand in Port Elizabeth besoek, waar hulle tien rose – een vir elke jaar sedert haar skietdood – die see in sal laat dryf.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×