Die Valke in die Vrystaat het bevestig dat ‘n lid van die uitvoerende raad, ‘n politieke adviseur van die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit, en ‘n hoofdirekteur gister in hegtenis geneem is. Hulle sal vandag in die Kroonstad-landdroshof op aantygings van bedrog, korrupsie, geldwassery en oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur verskyn. Die saak spruit voort uit ‘n 2017-voorval toe die LUR nog die uitvoerende burgemeester was. Die drie verdagtes het na bewering saamgespan om 150 duisend rand wat aan Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit behoort, te vat. ‘n Woordvoerder van die Valke, luitenant-kolonel Zweli Mohobeleli, sê die geld was bedoel om bestee te word aan ‘n klankstelsel wat tydens ‘n Nelson Mandela-gedenklesing gebruik sou word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×