Sestig strafregtelike ondersoeke is aan die gang na vermeende saboteurs van kritieke ekonomiese infrastruktuur wat tot skade van meer as een-miljard rand gelei het. Volgens Netwerk 24 het die Valke Woensdag in die parlement gesê die meeste van die sake is in Gauteng en die Wes-Kaap aangemeld. President Cyril Ramaphosa en sy kabinet het verlede maand hul kommer uitgespreek oor Eskom-saboteurs wat probeer om die elektrisiteitsnetwerk in duie te laat stort. Opposisie LP’s het hul misnoeë oor die portefeulje-komitee vir polisie uitgespreek oor die slakkepas van die Valke en die polisie se korrupsie-ondersoeke wat voortspruitend uit die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping is. Die Valke doen hieroor tans 37 ondersoeke, maar net vier is in die hof. Dit sluit die asbesdak-hofsaak teen Ace Magashule, voormalige ANC sekretaris-generaal in. Slegs twee sake is afgehandel, waarvan een die van Dudu Myeni, voormalige grootbaas van die SAL is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×