Die Suid-Afrikaanse komediant, Trevor Noah, wat die bekroonde aanbieder John Stewart in 2015 as aanbieder van The Daily Show op Comedy Central in Amerika

vervang het, het kykers glo te min laat lag.

Rosestad-nuus het vroeër berig Noah het onverwags na sewe jaar aangekondig hy verlaat die program, omdat hy ander dinge wil doen.

Megyn Kelly, ‘n voormalige Fox-aanbieder, het glo gesê dit is die beste ding wat met dié program kon gebeur.

Rapport berig voorts sy het gesê Noah het kykergetalle doodgemaak, want niemand het glo vir Noah se grappe gelag nie.

Terwyl Stewart ‘n gemiddeld van 1,3 miljoen kykers per episode gehad het, kon Noah skynbaar net 370 000 kykers per program lok.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×