‘n Elfjarige slagoffer van mediese nalatigheid leef met serebrale verlamming en het slegs R4.9 miljoen van sy R9.3 miljoen-skikking ontvang.
News24 berig die res is glo deur prokureurs van MLS Attorneys verduister.
Die ma het in 2016 ‘n eis na sy geboorte teen die departement ingestel.
Ná die dood van hul aanvanklike regsverteenwoordiger, het MLS Attorneys beheer oorgeneem.
Die firma het beweer hulle is deur die departement gemagtig, maar R4.5 miljoen se betalings bly onverklaar.
Die Regspraktykraads ondersoek MLS Attorneys se optrede, terwyl NMK Forensics grootskaalse korrupsie in mediese nalatigheidsake in KwaZulu-Natal blootgelê het.