‘n Voertuigongeluk op die N3 by Van Reenenspas in KwaZulu-Natal het die lewe van minstens nog agtien mense dié vakansieseisoen geëis.
Vyf kinders is onder die oorledenes. ‘n Vragmotor, minibus en ligte voertuig was volgens ENCA in die ongeluk betrokke.
Dit kom te midde van reënerige en mistige toestande in die gebied. KwaZulu-Natal se vervoerdepartement sê weens swaar reën was daar ‘n toename in padongelukke oor die afgelope paar dae.
Daar word ook berig die bestuurder van die vragmotor het die toneel gevlug. Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.