André de Ruyter, Eskom se voormalige uitvoerende hoof, het gesê hy het waarskynlik die ware omvang van die diefstal by die kragvoorsiener onderskat toe hy die bedrag op R1 miljard per maand geraam het.

Netwerk24 berig sy opmerkings is vervat in ’n skriftelike voorlegging wat De Ruyter na verwagting vandag virtueel met parlementslede gaan deel.

Bloomberg het sy voorlegging onder oë gehad.

De Ruyter het op 22 Februarie, meer as ’n maand voor sy amptelike uittreedatum van 31 Maart, as uitvoerende hoof sy tasse gepak.

Dít nadat hy senior lede van die ANC daarvan beskuldig het dat hulle van die nutsmaatskappy gesteel het.

De Ruyter glo dat meer as R1 miljard weens interne korrupsie maandeliks tussen neus en ore by die kragverskaffer verdwyn.

Hy weier skynbaar om diegene wat hy met Eskom-korrupsie verbind.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×