Die minister van finansies Enoch Godongwana besef dit is vandag die moeilikste begroting nog te midde van talle fiskale uitdagings wat die land in die gesig staar. Die begrotingsrede word vandag o mstreeks twee-uur in die parlement gelewer.

Netwerk 24 berig hoopvolle Suid-Afrikaners vra dat die belastingaansporing vir sonkragpanele verleng word te midde van beurtkrag wat nie verminder nie. Die vraag is ook of belastingkerwe vir persoonlike belasting verhoog gaan word en of BTW gaan styg. Die verwagting is dat die tesourie vir die eerste keer in twee jaar die belasting op brandstof en die heffing vir die padongelukfonds met minstens inflasie sal verhoog.

Dit is ook vir tesourie ‘n belangrike uitdaging hoe staatsondernemings soos Eskom, Transnet, Denel, die Landbank, die SAUK en die SA Lugdiens, wat in die nood is, gehelp gaan word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×