Vandag se finale voorlegging van die omstrede Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette, is onverwags uitgestel.

Die Wetsontwerp, alom bekend as die Bela-wetgewing, sou vandag amptelik aan die parlementêre portefeuljekomitee voorgelê word.

Maroela Media berig Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder oor onderwys, sê die uitstel is “verrassend”.

Indien aanstaande jaar se algemene verkiesing plaasvind voordat die wysigingswetgewing gepromulgeer word, moet die hele wysigingsproses van voor af begin.

Die rede vir die skielike uitstel is onbekend.

Ingevolge die voorgestelde wetgewing sal skoolbeheerliggame grootliks van hul magte gestroop word.

Die onderwysdepartement, en nie skoolbeheerliggame nie, sal dan onder meer oor die taal- en toelatingsbeleid van die land se 23 000 openbare skole besluit.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×